Belastingsertifikate vir mediese onkoste

Dis weer belastingtyd. Ons stuur elke jaar vir jou jou mediesefondsbelastingsertifikaat om saam met jou inkomstebelastingopgawe in te dien. Jou belastingsertifikaat is nou op ons webwerf beskikbaar. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vereis dat mediese skemas die totale bydraes aantoon wat in die huidige belastingtydperk betaal is. Ons moet ook die totale waarde aantoon van die eise wat die Skema nie gedek het nie en die begunstigdes op jou lidmaatskap bevestig.

Die maklikste en veiligste manier om jou belastingsertifikaat te kry, is om dit van die lede-afdeling op die Skema se webwerf, by www.yourremedi.co.za, of die Remedi-toepassing af te laai. Indien jy jou mediese uitgawes met jou belastingsertifikaat wil rekonsilieer, kan jy jou belastingopsomming van Remedi se webwerf aflaai. Jou belastingopsomming is ook in die lede-afdeling op die Skema se webwerf beskikbaar en dit is 'n ondersteunende dokument vir lede wat die besonderhede nodig het om hul mediese uitgawes te rekonsilieer of om op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se navrae te reageer. Deur albei hierdie dokumente af te laai, kan jy hierdie belastingopsomming gebruik om jou mediese uitgawes met jou belastingsertifikaat te rekonsilieer.

Om jou belastingsertifikaat op jou rekenaar af te laai:

  • Teken met jou geregistreerde aantekenbesonderhede aan.
  • Klik op FIND A DOCUMENT.
  • Klik op Tax Certificate. Dit sal jou na die My Certificates-bladsy toe neem
  • Kies óf die belastingsertifikaat óf die belastingopsomming (deur op die ooreenstemmende merkblokkie te klik) en die belastingjaar.
  • Bevestig dat jou e-posadres korrek is en klik SEND.
Jy kan ook jou belastingsertifikaat of belastingopsomming op die Remedi-toepassing kry.

Jy kan ook jou belastingsertifikaat of belastingopsomming by die Oproepsentrum aanvra deur 0860 116 116 te skakel, of 'n e-pos na service@yourremedi.co.za te stuur.

Log in