Dekking vir chroniese toestande en die uitsluitings

Lede wat op die Omvattende en Klassieke Opsies geregistreer is, kry toegang tot dekking vir nog 'n lys met toestande.

Daar word dikwels na hierdie lys toestande verwys as die "Lys van Bykomende Siektes" en dit bied aan lede wat op die Omvattende en Klassieke voordeelopsies geregistreer is ekstra dekking vir chroniese toestande bo en behalwe die 27 toestande op die Lys van Chroniese Siektes (wat MIV insluit).

Die Lys van Bykomende Siektes sluit heelwat chroniese toestande uit, soos die toestande in hierdie tabel:

Aambeie

Koorsblare

Aktiniese keratose

Kwale van die oog se bindvlies (konjunktiva)

Akute bakteriese en virale infeksies

Lewersirrose weens alkoholmisbruik

Alopesie (haarverlies)

Mastalgie (pyn in die borste)

Artralgie (gewrigspyn)

Ongespesifiseerde hoes

Dermatofiet, onigomikose, dermatofietiese onigie

Oppervlakkige swaminfeksies

Diarree

Orale en vaginale sproei/Candida

Dismenoree/menoragie

Ouderdomsdemensie/kognitiewe demensie - medisyne soos Nootropil, Encephabol en Reactivin is uitgesluit

Dispepsie (slegte spysvertering)

Prikkelbaredermsindroom

Disurie

Pyn, niespesifiek

Edeem - wel dekking as dit weens kardiovaskulêre toestande is

Rugpyn

Erektiele disfunksie

Rustelose bene of krampe

Fibromialgie/mialgie

Sinusitis

Fibrositis

Skilfers/seborree (douwurm)

Folaattekort

Slaaploosheid - wel dekking vir lede wat terminaal siek is of ouer as 70 jaar is, en as onttrekkingsterapie vir 6 maande. Geen nuwe aansoeke word toegelaat nie

Follikulitis

Spatare

Halitose (slegte asem)

Urtikarie

Hardlywigheid - tensy die diagnose divertikulêre siekte is of as dit weens chemoterapie is

Vetsug (obesiteit)

Hiperasiditeit/sooibrand - moet spesifieke diagnose hê, nie net simptome nie

Voetskimmel (atleetvoet)

Hipotensie (lae bloeddruk)

Voorbehoeding

Hirsutisme (oormatige haargroei)

Winderigheid (flatulensie)

Hoofpyn (niespesifiek)

 

Die normale aansoekproses vir die Voordeel vir Chroniese Siektes moet gevolg word wanneer jy aansoek doen vir dekking van 'n toestand op die Lys van Bykomende Siektes (dekking is onderhewig aan oorweging en goedkeuring). Sodra dekking vir die toestand en medisyne gemagtig is, sal eise tot die toepaslike limiete vir jou voordeelopsie oploop. Hier is die limiete op die Omvattende en Klassieke voordeelopsies vir 2023:

Voordeelopsie

Voordeelbedrag of -limiet

 

Omvattende Opsie

R2,315

Per persoon per maand

Klassieke Opsie

R1,930

Per persoon per maand

Vir meer inligting oor jou dekking vir chroniese siektes, besoek ons webwerf by www.yourremedi.co.za of skakel ons by 0860 116 116.

Log in