Ons sorggidse (care navigators) kan jou leiding oor jou voordele vir diabetes gee

Om diabetes te behandel, verg meer as om net jou bloedglukose te meet; die toestand het baie uitdagings. Om seker te maak dat ons lede hierdie uitdagings die hoof kan bied, bied Remedi 'n diabetes- en kardiometaboliese sorgprogram. Lede wat aan hierdie program deelneem, kry meer voordele en hulpmiddels as wanneer hulle bloot vir diabetes op die Voordeel vir Chroniese Siektes registreer.

Navorsing toon dat pasiënte die beste gesondheidsuitkomste het wanneer een dokter hulle sorg lei en met ander sorgverskaffers, soos dieetkundiges en voetdokters, koördineer. Wanneer jy sorg van 'n span kry wat almal saam werk en dieselfde plan volg, kry jy nie verskillende raad van verskillende dokters af nie. Jy hoef dan nie te wonder watter raad jy moet volg of hoe goed jy jou toestand behandel nie.

Diabetesbehandeling is ingewikkeld. Dit is nie nodig dat dit moeilik moet wees om ons sorgprogram vir diabetesverwante sorg te gebruik nie. Ons het 'n toegewyde oproepsentrum wat jou kan help om die beste gebruik van jou voordele te maak, om vir ons hulpmiddels te registreer en dit te gebruik en om sorgverskaffers, soos dieetkundiges en voetspesialiste, te kry.

Hoe die sorggidse jou kan help

Ons toegewyde sorggids-oproepsentrum is beskikbaar om jou te help:

  • Om jou dekking vir diabetesverwante sorg te verstaan
  • Om vir ons digitale hulpmiddels te registreer en die meeste uit jou belonings te kry
  • Om verwante gesondheidsorgverskaffers (soos dieetkundiges en voetdokters) te kies en te raadpleeg
  • Om jou te herinner aan die voordele wat jy beskikbaar het.
Hoe kontak ek 'n sorggids?

Skakel:    0860 44 44 39
E-pos: Members_DCC@yourremedi.co.za

Bêre asseblief hierdie kontakbesonderhede as jy reeds vir die vir diabetes- en kardiometaboliese sorgprogram geregistreer het. Ons span sorggidse kan enige vraag beantwoord wat jy oor jou dekking vir diabetes het.

Log in