Het jy diabetes? Gaan sien 'n diabetesopvoeder naby jou!

Ons verstaan dat dit uitdagend kan wees om diabetes te hê - vir jou én jou gesin. Dit gaan nie net oor die medisyne wat jy moet neem nie; dit verg ook lewenstylveranderinge wat 'n groot aanpassing is. Wees gerus; jy is nie alleen nie.

Ons bied jou twee sessies per jaar met 'n diabetesopvoeder wat spesiaal opgelei is om jou te help om jou toestand beter te verstaan en te bestuur. Hierdie professionele persone is verpleegkundiges, dieetkundiges of aptekers wat gespesialiseerde opleiding in diabetessorg ontvang het.

Waarop fokus 'n diabetesopvoeder?

Jy kan van jou diabetesopvoeder verwag:

  • Om vir jou te verduidelik hoe jou diabetesmedisyne werk en hoe jy dit korrek moet gebruik.
  • Om vir jou te wys hoe jy jou bloedsuikervlakke so na as moontlik aan normaal kan hou.
  • Om jou te help om jou doelwitte vir gereelde oefening en gesonde eetgewoontes te stel.
  • Om vir jou wenke te gee oor hoe om jou daaglikse aktiwiteite, en selfs vakansies, rondom jou diabetes te beplan.
  • Om jou gesin te leer hoe om jou te ondersteun.
Wie kwalifiseer vir diabetesopvoedingsessies?

As 'n Remedi-lid het jy toegang tot twee sessies per jaar met 'n diabetesopvoeder; ons dek die koste daarvan. Dit is beskikbaar vir volwassenes, op alle gesondheidsorgplanne, wat vir die Voordeel vir Chroniese Siektes geregistreer is vir tipe 1- of tipe 2-diabetes.

Waar pas die diabetesopvoeder in my gesondheidsorgspan?

Jou diabetesopvoeder is 'n belangrike deel van jou gesondheidsorgspan. Hulle verskaf omvattende opleiding oor diabetesbestuur - inligting waarvoor daar nie altyd genoeg tyd is tydens gewone huisdokter- of spesialiskonsultasies nie. Die diabetesopvoeder help jou om die behandelingsplan wat jou dokter voorskryf, beter te verstaan en toe te pas.

Waar kan ek 'n diabetesopvoeder kry?

Daar is diabetesopvoeders by apteekklinieke wat deel van ons diabetesklinieknetwerk is. Klik op een van die prente hieronder en ons help jou om 'n afspraak te maak .

Kry toegang tot ekstra dekking en ondersteuning vir die bestuur van jou diabetes

Jou dekking vir diabetesbestuur en -behandeling begin wanneer jy vir die Voordeel vir Chroniese Siektes registreer. Jy kan egter nóg meer dekking en ondersteuning kry as jy 'n Premier Plus-huisdokter besoek en hulle jou vir die Program vir Diabetessorg inskryf.

Sodra jy by die Program vir Diabetessorg aansluit, betaal ons vir die volgende ekstra voordele sonder om van jou dag-tot-dag-voordele te gebruik:

  • Een ekstra konsultasie met 'n dieetkundige per jaar
  • Een konsultasie met 'n biokinetikus per jaar
  • Een siftingstoets vir diabetiese retinopatie
Log in