Die Diabetes Care-program gee jou ekstra ondersteuning om jou diabetes te bestuur

Die Voordeel vir Chroniese Siektes en sorgpakket is beskikbaar aan lede wat diabetes het. Dit is 'n basiese voordeel wat lede help om hul chroniese toestand te bestuur wat hulle behandelende dokter by hulle gediagnoseer het.

Benewens hierdie sorgpakket het Remedi in Januarie 2022 'n verbeterde Diabetes Care-program bekendgestel. Dit bied toegang tot meer persoonlike hulpmiddels en voordele om die lid se chroniese toestand te bestuur. Om die beste ondersteuning en verbeterde gesondheidsuitkomste te verseker, het Remedi ook die Premier Plus-huisdokternetwerk verbeter en nog huisdokters genooi om by die netwerk aan te sluit. 'n Premier Plus-huisdokter is 'n huisdokter wat aan ons huisdokternetwerk gekontrakteer is om aan jou gekoördineerde en verbeterde pasiëntsorg vir 'n lys chroniese toestande te gee. Dit sluit gekoördineerde sorg vir diabetes in. Die bekendstelling van die Diabetes Care-program en die verbeterings het ten doel om verbeterde pasiëntbestuur vir alle gediagnoseerde chroniese toestande te verseker.

Wat kry ek uit die Diabetes Care-program?

Sodra jou Premier Plus-huisdokter jou vir die Diabetes Care-program registreer, kry jy bykomende dekking en hulpmiddels. Ons betaal nie vir hierdie ekstra dekking en hulpmiddels uit jou dag-tot-dag-voordele nie.

Jy kry toegang tot hierdie voordele om jou te help om jou diabetes te bestuur:

  • Twee konsultasies met 'n dieetkundige per jaar
  • Een konsultasie met 'n biokinetikus per jaar
  • Twee konsultasies met 'n diabetesopvoeder
  • 'n Voetondersoek by 'n voetheelkundige of 'n diabetes-opvoeder
  • 'n Oogtoets by 'n oogkundige of oftalmoloog (oogspesialis) tot en met die ooreengekome Skematarief (voordele vir oogtoetse moet met die Skema se Preferred Provider Negotiators-netwerk bevestig word).
Hoe kan ek by die Diabetes Care-program aansluit?

Jou Premier Plus-huisdokter kan jou vir die Diabetes Care-program registreer.

Om vir die program in aanmerking te kom, moet jy op die Voordeel vir Chroniese Siektes geregistreer wees vir tipe 1- of tipe 2-diabetes. Jy en jou dokter moet eerstens die aansoekvorm vir die Voordeel vir Chroniese Siektes voltooi, wat jy hier kan kry.

Om jou diabetes op die Voordeel vir Chroniese Siektes te registreer, is slegs die eerste stap om voordele te ontsluit om jou te help om jou toestand te bestuur. Jou volgende stap is om by die Diabetes Care-program aan te sluit. Jy kan meer inligting kry deur die skakel hieronder te volg.


Sluit aan by die Diabetes Care-program

Log in