Remedi se digitale lidkaart

Het jy geweet dat jy met Remedi Medical Aid Scheme se toepassing vir slimtoestelle 'n digitale weergawe van jou lidkaart op jou slimtoestel kan hê? Jy het dus nie 'n fisiese lidkaart in jou beursie nodig nie.

As jy dit nog nie gedoen het nie, laai Remedi se toepassing nou van die App Store of Google Play af om digitaal en gerieflik toegang tot jou lidkaart te kry.

Jy kan jou digitale lidkaart op dieselfde manier as 'n fisiese lidkaart gebruik. Die groot verskil is dat die digitale kaart, soos jou slimfoon, altyd by jou is. Boonop wys enige veranderinge aan jou lidmaatskap (soos wanneer jy 'n nuwe afhanklike byvoeg) ook onmiddellik op jou digitale kaart. Dit beteken dat jy nie meer hoef te wag vir 'n gedrukte, fisiese kaart om te verseker dat jou lidmaatskapbesonderhede, en dié van jou afhanklikes, korrek op jou lidmaatskap weerspieël word nie.

Hoe om jou digitale lidkaart te kry
  1. Laai Remedi se toepassing vir slimtoestelle van Google Play of die App Store af.
  2. Meld aan met dieselfde gebruikersnaam en wagwoord as wat jy vir www.yourremedi.co.za gebruik.
  3. Op die "Medical Aid" landingbladsy, kies "View membership card".
  4. Jou digitale lidmaatskapkaart sal vertoon.
Log in