Digitalisering: Bekendstelling van die nuwe Remedi-toepassing en webwerf

Ons het 'n paar opwindende veranderinge gemaak om jou te help om die beste waarde uit jou Remedi-lidmaatskap te kry. Ons het ook ons webwerf se tuisblad herontwerp, en loods op 1 Desember 2025 'n splinternuwe slimtoesteltoepassing.

Wat's nuut op Remedi se webwerf?

Ons het die tuisblad herontwerp om dit eenvoudiger en meer gebruikersvriendelik te maak. Die nuwe uitleg help jou om vinnig en maklik te kry wat jy nodig het, of jy nou 'n foon, tablet of rekenaar gebruik.

Wees op die uitkyk vir hierdie nuwe kenmerke:

  • Interaktiewe banier
    Heel boaan die bladsy sal jy 'n nuwe, opvallende rolbanier sien wat jou op hoogte sal hou van belangrike mediesefondsinligting en veranderinge aan jou Remedi-lidmaatskap.
  • Belangrike inligting
    'n Duidelike kieslys help jou om vinnig by die inligting uit te kom wat vir lede die belangrikste is, soos brosjures oor planvergelyking, voordele, chroniese toestande en waarom jy Remedi moet kies.
  • Hulpbronsentrum en digitale hulpmiddels
    Die Hulpbronsentrum bied vinnige toegang tot belangrike onderwerpe wat jou help om ingeligte besluite oor jou Remedi-lidmaatskap te neem. Die Digitale Hulpmiddel-afdeling maak dit maklik om jou lidmaatskap te bestuur, met selfhelpfunksies in die palm van jou hand.
Die nuwe Remedi-toepassing

Ons kondig met trots die bekendstelling van die nuwe Remedi-toepassing aan. Dit is meer as net 'n digitale hulpmiddel; dink daaraan as jou betroubare vennoot op jou gesondheidsorgreis. Geniet 'n persoonlik aangepaste digitale gesondheidservaring - spesiaal ontwerp om jou te help om jou gesondheid met selfvertroue en gerief te bestuur.

Hier is 'n paar nuwe kenmerke om die lewe vir jou makliker te maak, sowel as 'n paar ou bekendes:

  • Noodbystand
    Kry vinnig hulp in 'n noodgeval.
  • Vind 'n gesondheidsorgverskaffer
    Soek na dokters, spesialiste en ander verskaffers naby jou.
  • Virtuele konsultasies en dringende sorg
    Praat aanlyn met 'n dokter oor alledaagse gesondheidskwessies. Vanaf 1 Desember 2025 sal jy ook 'n dokter aanlyn kan raadpleeg in 'n noodgeval met behulp van die Remedi-toepassing.
  • Bestel medisyne
    Hierdie diens maak dit moontlik om maklik voorskrifmedisyne te bestel en by jou deur te laat aflewer.
Vaarwel posbusse!

Ons staak poskommunikasie as deel van die digitalisering. Dit beteken dat jy voortaan alle nuwe verwikkelings, kennisgewings en lede-inligting deur ons digitale platforms - ons webwerf, toepassing en e-pos - sal ontvang. Hierdie verandering maak dit vir ons moontlik om meer doeltreffend te kommunikeer, ons impak op die omgewing te verminder en seker te maak dat jy betyds die nodige inligting kry.

Dinge om te doen
  • Verken die tuisblad op Remedi se nuwe webwerf vir die nuutste verwikkelings.
  • Maak seker ons het jou mees onlangse e-posadres. Voer jou nuwe e-posadres in of bevestig dat dit korrek is deur ons webwerf by www.yourremedi.co.za te besoek. Sodra jy aangemeld het, klik op Your personal details > Update your details.
  • Laai die nuwe Remedi-toepassing af vanaf 1 Desember 2025 om ingeskakel te bly.

Digitaliseer saam met ons. Dis die beste manier om ingelig te bly, jou lidmaatskap te bestuur en hulp te kry wanneer jy dit nodig het.

Log in