Hoe om ons van jou klagtes en navrae te laat weet

Ons streef daarna om uitstekende diens aan jou te lewer, maar daar glip soms foute deur. Ons het 'n klagteproses om jou te help om spoedige oplossings vir jou klagtes en antwoorde op jou vrae te kry.

Belangrike stappe in ons klagteproses

Jy moet 'n verwysingsnommer by ons kry deur ons by 0860 116 116 te skakel indien jy 'n klagte onder ons aandag wil bring. Jy kan ook 'n e-pos na service@yourremedi.co.za stuur. As jy verkies om 'n e-pos te stuur, moet jy die woord 'klagte' in die e-pos se onderwerpreël gebruik. Ons neem gemiddeld een tot twee werksdae om te antwoord as dit 'n eenvoudige navraag of klagte is. As dit 'n ingewikkelde saak of klagte is, neem ons ongeveer vyf werksdae.

Wat om te doen as jy nie tevrede is met die hantering van jou klagte nie

Indien jy 'n antwoord ontvang het, maar voel dat jou navraag of klagte nie bevredigend hanteer is nie, of dat die Skemareëls nie korrek toegepas is nie, kontak ons gerus weer. Bel ons by 0860 116 116 en vra dat jou klagte geëskaleer word deur te vra om met die dienskonsultant se spanleier of 'n kliëntediensbestuurder te praat. Jy kan ook 'n e-pos na escalations@yourremedi.co.za stuur sodat 'n kliëntediensbestuurder jou direk kan help.

Nog steeds nie tevrede nie?

Indien jy steeds ontevrede is met die uitkoms van die klagte wat jy ingedien het, kontak ons gerus weer by 0860 116 116 en gebruik die oorspronklike verwysingsnommer wat ons aan jou gegee het. Jy kan dit ook doen as jy nie binne ten minste vyf werksdae 'n antwoord van die skema se kliëntediensbestuurder gekry het nadat jy dit geëskaleer het nie. Vra asseblief hierdie keer dat jou klagte aan die kantoor van die Fondsbestuurder of die Hoofbeampte gerig word.

Let egter asseblief daarop dat die Fondsbestuurder en Hoofbeampte jou oorspronklike verwysingsnommer sowel as die voltooide Dispuut-vorm wat op ons webwerf beskikbaar is, gaan nodig hê om jou verder te kan help. Stuur asseblief die besonderhede van jou klagte en die voltooide vorm per e-pos na executiveoffice@yourremedi.co.za.

Wanneer om die Raad vir Mediese Skemas te kontak

Lede kan enige tyd na die Raad vir Mediese Skemas uitreik deur:

Neem asseblief kennis dat die Raad vir Mediese Skemas vereis dat jy eers probeer om jou klagte deur die beskikbare klagtekanale oplos. Vergewis jou dus eers van al die beskikbare kanale voordat jy jou klagte by die Raad vir Mediese Skemas indien.

Volg die skakel wat verskaf word of besoek ons webwerf by www.yourremedi.co.za. Klik op die Kontak ons-oortjie, rol dan af en klik op Om ons oor jou klagte te kontak om die toepaslike kontakbesonderhede te kry.

Log in