Uitslae van die 2023-meningspeiling van Remedi-lede wat deur Greenfields Research gedoen is

Ons doen elke tweede jaar 'n meningspeiling onder Remedi-lede om voortdurend te verseker dat ons geregistreerde lede tevrede is met hulle mediese dekking. Ons het gevind dat, oor die algemeen, die uitslae steeds 'n algehele tevredenheidspersentiel van om en by 80% toon. Ons is gelukkig en tevrede daarmee. In hierdie artikel brei ons uit oor die doel van die peiling en ons bespreek ook die uitslae van die peiling in vergelyking met vorige jare.

Die doel van die peiling is om:

  • Vas te stel hoe tevrede en toegewyd Remedi-lede oor die algemeen is
  • Lede se bewustheid, kennis en gebruik van die voordeeldekking vir voorkomende sorg te bepaal
  • Te meet hoe lede die diensverskaffersnetwerke gebruik en verstaan asook wat hulle belewenis daarvan is
  • Te verstaan hoe lede netwerke in ag neem wanneer hulle van medieseskema-opsie verander
  • Te bepaal hoe tevrede lede oor die algemeen is met die voordele wat Remedi aanbied, asook met spesifieke voordele en hoe belangrik dit vir lede is
  • Lede se algehele tevredenheid met die administratiewe dienste te bepaal en vas te stel op watter gebiede verbeter kan word
  • Lede se behoeftes te verstaan ten opsigte van die verskillende kommunikasiemediums wat beskikbaar is en hul voorkeure in hierdie verband
  • Lede se algehele tevredenheid met die kwaliteit van die oproepsentrum te bepaal en vas te stel op watter gebiede verbeter kan word
  • Te bepaal hoe bewus die lede van Remedi se welstandsprogramme is en wat hulle persepsie is van die waarde daarvan
  • Te bepaal hoe sterk Remedi se handelsmerk is in vergelyking met ander mediese skemas
  • Belangrike gebiede te identifiseer waar Remedi sy dienste kan verbeter
Die uitslae vir 2023 is oor die algemeen bevredigend

Hier onder is sommige van die belangrikste uitslae en 'n aanduiding van hoe Remedi en sy administrateur, Discovery Health, vanaf 2013 tot op hede gevaar het: Alhoewel die aanwysers in vergelyking met 2021 gedaal het, is al die aanwysers positief in vergelyking met tydperke voor COVID-19.

2023 2021* 2019 2017 2015 2013
Algehele tevredenheid 79% 86% 75% 80% 76% 73%
Remedi is bekostigbaar 80% 85% 67% 76% 76% 71%
Remedi dek jou gesondheidsorgbehoeftes ten volle 80% 90% 72% 81% 72% 63%
Tevredenheid met die administrateur 86% 88% 79% 87% 81% 73%
Grootte van steekproef (respondente) 1,844 1,827 1,271 1,244 990 1,022

* 2021: COVID-19

Die uitslae toon dat algehele tevredenheid met Remedi sedert 2021 effens verminder het, alhoewel die tendens toon dat lede sedert 2013 meer tevrede is.

  • Hierdie jaar het 79% van die respondente gesê dat hulle oor die algemeen gelukkig of baie gelukkig is met Remedi. Dit is 'n effense verlaging van 7% vanaf die 86% wat in 2021 gerapporteer is. Dit vergelyk goed met die tevredenheidsvlakke in die bedryf wat ongeveer 75% is (Bron: Netwerk24).
  • Daar was 'n effense verlaging in respondente wat glo dat Remedi meer bekostigbaar is. Dit val van 85% in 2021 tot 80% in 2023.
  • Minder respondente as vorige jare glo dat Remedi hulle gesondheidsorgbehoeftes dek. Dit val van 90% in 2021 tot 80% in 2023. Die aanwyser is steeds positief in vergelyking met 2019 en die jare voor COVID-19.
  • Daar was 'n beduidende verhoging in die gebruik van diensverskaffers in ons netwerke volgens die respondentuitslae, met 'n gerapporteerde verhoging vanaf 47% in 2019 en 78% in 2021 tot 84% in 2023. Die trustees vind hierdie uitslae baie bevredigend en bevestig dat lede meer waarde en minder bybetalings ervaar wanneer netwerkdiensverskaffers gebruik word.
    Respondente bevestig dat lede wel die waarde in hierdie netwerke sien en glo dat dit tot kleiner premieverhogings lei en dat dit vir hulle geld spaar. Wat egter die belangrikste is, is dat hulle beleef dat die netwerke van goeie gehalte is in terme van dienslewering.
  • Ons is ook ingenome om te rapporteer dat algehele tevredenheid in die administrasiedienste bo die 80% persentiel bly, met 86% van respondente wat sê dat hulle baie gelukkig of gelukkig met administrasiedienste is, teenoor 88% in 2021.

Van die respondente was 79% gelukkig of baie gelukkig met die kwaliteitdiens wat hulle van die personeel by die oproepsentrum kry. Tevredenheid met die stembegeleide selfbediening wat aan lede beskikbaar is, het geval van 88% van respondente wat in 2021 gelukkig of baie gelukkig daarmee was tot 76% in 2023. Altesaam 75% van die respondente glo dat die oproepsentrumpersoneel in staat is om die inligting te gee wat nodig is, teenoor die 88% van respondente wat in 2021 so gedink het. Daar was ook 'n verlaging in die hoeveelheid respondente wat ten sterkste geglo het dat die oproepsentrumpersoneel professioneel is, met 54% wat in 2023 baie gelukkig met die professionaliteit is, teenoor 62% in 2021.

Die uitslae in verband met die administrasiedienste is aan die administrateur meegedeel en die trustees sal voortdurend monitor hoe dit gaan as deel van toekomstige meningspeilings asook die klagtes en eskalasies wat hulle ontvang.

Ledeterugvoer

Respondente is van mening dat die Skema sy voordele in die algemeen kan verbeter, asook die medisyne en dienste wat nie gedek word nie. Dit sal help om lede se behoeftes beter te bevredig. 'n Verdere 20% van respondente het gesê dat die Skema sy koste-per-voordeel-verhouding moet verbeter. Slegs 4% het gesê dat die optometrievoordele moet verbeter. Hospitaalvoordele, huisdoktervoordele en dag-tot-dag-medisynevoordele is beskou as die belangrikste voordele en die belangrikste om oor tevrede te wees.

  • Onder die respondente wat op die Omvattende Opsie is, het 5% beter dag-tot-dag-voordele en 7% beter voordele in die algemeen genoem.
  • Onder die respondente wat op die Klassieke Opsie is, wil 6% beter tandheelkundevoordele hê, 9% wil beter dag-tot-dag-voordele hê en 9% wil beter voordele in die algemeen hê.
  • Respondente wat op die Standaard Opsie is, het in hulle antwoorde meestal na die beskikbaarheid van huisdoktervoordele en spesialisvoordele verwys. Lede was oor die algemene gelukkig of baie gelukkig met die voordele, wat 'n positiewe uitslag vir die Skema is.

Die uitslae van die meningspeiling is deur die Raad van Trustees bestudeer by 'n onlangse strategiesessie. Waar nodig, sal dit die vereiste aandag en fokus geniet, met die doel om lede se ervaring te verbeter.

Dankie aan elke lid wat aan die 2023-meningspeiling deelgeneem het. Ons waardeer jou terugvoer en verbintenis om Remedi 'n plek te maak waar jou gesondheid ons hoofprioriteit is.

Bron: Remedi Greenfields Research 2023 member survey

Log in