Hou die prys van gesondheidsorg in bedwang- sê nee vir bedrog!

Mediesefondsbedrog is 'n ernstige en toenemende kwessie in Suid-Afrika. Dit dra tot die algehele hoë koste van gesondheidsorg by en kom op alle vlakke voor.

Remedi betaal jaarliks miljoene rande aan lede-eise. Hierdie eise word uit die Skema se bydrae-inkomste betaal. Die bydrae-inkomste word gebruik om jou geldige en ware eise te betaal. Dit moenie vir bedrieglike en onvanpaste eise gebruik word nie. Indien hierdie geld gebruik word om vir onvanpaste eise te betaal, veroorsaak dit dat jou bydraes styg om enige verliese te dek. Dit verhoog ook die Skema se onkoste om bedrogbestuursprosesse in stand te hou.

Mense wat bedrog pleeg, steel nie net van die Skema nie, hulle steel ook van jou en ander lede. Vir besonderhede oor hoe om bedrog aan te meld, lees gerus bladsy 5 van ons voordeelbrosjure.

Remedi onderskryf 'n fluitjieblaasbenadering, wat die beginsels van Suid-Afrika se Wet op Beskermde Bekendmakings, Wet 26 van 2000, voorstaan. Volgens hierdie benadering word alle fluitjieblaasverslae vertroulik hanteer. Remedi het 'n zero-toleransie-benadering tot bedrog. Jy speel 'n belangrike rol om te verseker dat die geld in jou mediese skema nie aan bedrog onderwerp word nie.

Help om mediese dekking meer bekostigbaar te maak deur bedrog aan te meld. Jy hoef nie jou naam te gee nie; sê net vir ons as jy vermoed dat daar bedrog gepleeg word.

As jy enige bedrieglike optrede met betrekking tot jou gesondheidsorgdekking vermoed, kan jy anoniem bly en die volgende besonderhede gebruik om ons te kontak:

  • Tolvrye telefoonnommer: 0800 00 45 00
  • SMS-nommer: 43477
  • Tolvrye faksnommer: 0800 00 77 88
  • E-posadres: discovery@tip-offs.com
  • Posadres: Freepost DN298, Umhlanga Rocks 4320
  • Stuur 'n e-pos direk aan forensics@discovery.co.za sodat hulle die saak kan ondersoek
Log in