Kry u ons e posse en SMS’e?

Maak asseblief seker dat ons u nuutste selfoonnommer het sodat ons vir u inligting en herinnerboodskappe kan stuur.

Ons stuur gereeld vir u belangrike inligting en kennisgewings per e-pos of SMS. Dit is doeltreffender as pos, omdat elektroniese boodskappe vinniger by u uitkom en vertrouliker is.

Ons probeer weg beweeg van poskommunikasie, want dit neem baie langer as elektroniese boodskappe om u te bereik en omdat pos soms wegraak. Wil u regtig die kans waag dat u belangrike inligting u nie bereik nie? Stuur nou u selfoonnommer en e-posadres vir ons sodat ons dit kan bywerk.

Dit is ook beter vir die omgewing

Ons is besig om omgewingsvriendelike, maklike papierlose kommunikasie in werking te stel om ons impak op plaaslike vullisterreine, woude en watergebruik te verminder. Volgens Earth911, word gemiddeld vyf liter water gebruik om een vel papier te maak! Meer as 60 persent van die wêreldwye timmerhoutoes word gebruik om papier te maak. Ons probeer om ’n positiewe uitwerking op die planeet te hê deur die woude te bewaar en water te bespaar.

Ons wil seker maak dat u op hoogte is met nuus oor u voordeelopsie, spesiale aanbiedinge en welstand. Maak asseblief seker dat die kontakbesonderhede wat ons vir u het, korrek is. As die wat ons nou het nie werk nie, gee asseblief vir ons ander kontakbesonderhede.

U kan u persoonlike inligting, soos u e-posadres en selfoonnommer opdateer, deur:

  • By ons webwerf in te teken by www.yourremedi.co.za
  • Ons by 0860 116 116 te bel
  • Die inligting na Posbus 652509, Benmore 2010 te pos
Log in