Die Remedi Health-toepassing: jou sleutel tot slimmer, makliker gesondheidsorg
Gesondheidsorg kan soms ingewikkeld voel: om die regte diensverskaffer te vind, jou voordele te verstaan, en hulp te kry wanneer jy dit die nodigste het. Die Remedi Health-toepassing bring alles op één plek bymekaar en gee jou eenvoudige, veilige toegang tot sorg en handige hulpmiddels om jou gesondheid met vertroue te bestuur. Remedi se digitale ervaring is ontwerp om duidelik, gerieflik en werklik nuttig vir jou en jou gesin te wees, wat alles van dringende konsultasies tot alledaagse gesondheidsorg insluit.
Wat jy in die Remedi Health-toepassing kan doen
1) Kry sorg wanneer jy dit nodig het
- Emergency Assist: Kry onmiddellike hulp in 'n mediese noodgeval - vinnig en sonder om eers aan te teken.
- Speak to a doctor now: Praat met 'n gekwalifiseerde dokter vir dringende of roetineprobleme. Jy kan jou simptome beskryf, leiding kry en 'n voorskrif of verwysing kry soos nodig.
- Order medicine: Bestel voorgeskrewe of oor-die-toonbank-medisyne wat afgelewer kan word of wat jy kan gaan haal.
2) Dringende sorg en ondersteuning vir geesteswelstand wanneer jy dit nodig het
- Virtuele Dringende Sorg (VDS) is in die toepassing beskikbaar en gee gesinne vinnige toegang tot tydige kliniese raad. VDS is gepas vir nie-lewensbedreigende situasies wat steeds vinnige aandag vereis, soos koors, geringe beserings of allergiese reaksies asook navrae oor medisyne.
3) Bestuur jou gesondheidsinligting
- My health: Kyk na jou gesondheidsgeskiedenis, maak afsprake vir gesondheidsondersoeke (Health Check) en stoor belangrike besonderhede oor jou en jou gesin se gesondheid veilig op één plek.
4) Verstaan en gebruik jou dekking
- My cover: Kry besonderhede oor jou voordeelopsie, hou jou voordele en limiete dop, kyk na jou Persoonlike Mediese Spaarrekening en volg eise van indiening tot betaling, sodat jy altyd presies weet waar jy staan.
Eenvoudige, intuïtiewe navigasie
Om dinge maklik te maak, groepeer die toepassing al die funksies in drie duidelike afdelings:
- My health: Gesondheidsgeskiedenis, gesondheidsondersoeke, assesserings en toegang tot programme vir virtuele sorg.
- My cover: Inligting oor jou voordeelopsie met al jou voordele, limiete en eise; dit is maklik verstaanbaar en bruikbaar.
- Get care: Vinnige toegang tot dringende sorg, afsprake met gesondheidsorgkundiges en medisynebestellings.
Hierdie struktuur beteken dat jy minder op die skerm hoef te tik, vinniger resultate kry en minder hoef te raai. Hetsy jy 'n afspraak vir 'n ondersoek maak of op 'n onverwagte gesondheidskwessie reageer, die belangrikste hulpmiddels is altyd byderhand.
Hoe die toepassing praktiese waarde toevoeg
Spoed en gerief
Geen wagtye in spreekkamers of aanhou op die foon nie. Jy kan dokters bereik, afsprake maak en direk medisyne bestel. Dit is veral handig vir besige gesinne, wanneer jy op reis is of wanneer daar laatnag iets verkeerd gaan.
Beter besluitneming
Deursigtige voordele- en eisnasporing gee jou duidelikheid oor hoe ver jy van die limiete af is, watter bybetalings jy het en wat die reëls vir betaling is. So kan jy jou mediese sorg met vertroue beplan en onaangename verrassings vermy.
Gekoördineerde sorg
As jou inligting en aksies op één plek is, is dit makliker om jou gesondheidsreis georganiseerd te hou: siftingstoetse, uitslae, terapieplanne, herinneringe en opvolgafsprake.
Ontwerp vir veiligheid
Jou persoonlike gesondheidsinligting word deur deeglike sekuriteitstandaarde beskerm. Jy beheer self watter inligting jy met ander deel en met wie dit gedeel word. Mediese konsultasies word op geënkripteerde kanale gedoen.
'n "Dag uit jou lewe" - voorbeeld
Stel jou voor jy word met 'n skerp pyn in jou knie wakker. Jy maak die toepassing oop en tik op "Speak to a doctor now" vir raad. Jy kry 'n elektroniese voorskrif vir die pyn en 'n verwysing. Intussen gaan kyk jy onder "My cover" om seker te maak watter voordele jy het en om te sien wat met jou eis gebeur - geen papierwerk nie, geen onsekerheid nie. Dit is gesondheidsorg wat by jóú dag inpas, nie andersom nie.
Hoe om te begin
- Laai die Remedi Health-toepassing by jou toepassingswinkel af.
- Registreer of teken aan met jou lidbesonderhede.
- Tik op "Get care" vir dringende hulp of roetineafsprake.
- Gaan na "My health" om gesondheidsorgafsprake te maak en assesserings te doen.
- Gebruik "My cover" om te sien watter voordele jy het, wat met jou eise gebeur en om jou Persoonlike Mediese Spaarrekening te bestuur.