Maak seker jy kry belangrike Remedi-inligting

Die nuwe jaar is 'n goeie tyd om te verseker dat almal weet wat nuut is in jou lewe. Dit is nou wel nie so opwindend om Remedi van jou nuwe besonderhede te laat weet soos wat dit is om nuwejaarsvoornemens te bespreek nie, maar dit is baie belangrik dat jou mediese skema jou nuutste besonderhede het.

Dit help jou as ons die regte besonderhede vir jou het. Dit bespoedig alles, van hospitaalmagtigings tot eisbetalings. Dit help ons ook om jou van belangrike veranderinge in jou lidmaatskap, soos nuwe voordele, te laat weet.

Werk jou besonderhede aanlyn by

Jy kan jou besonderhede op ons webwerf bywerk:

  • Maak jou webblaaier (browser) oop en gaan na www.yourremedi.co.za.
  • Teken met jou gebruikersnaam en wagwoord by ons webwerf aan.
  • Hou jou muispyltjie oor die Your personal details-oortjie en kies Update Your Details.
  • Die webwerf sal 'n eenmalige PIN (OTP) na die e-posadres stuur wat ons vir jou het.
  • Tik die eenmalige PIN in en klik op SUBMIT.
  • Kyk of jou persoonlike, kontak- en adresbesonderhede reg is en werk die besonderhede by wat verander het.
  • Klik op SUBMIT om die nuwe besonderhede te stoor.

Jy is klaar! Nou weet jy dat jy nie belangrike boodskappe gaan misloop nie.

Jy kan ons ook bel om jou besonderhede by te werk

As jy nie toegang tot ons webwerf het nie, kan jy jou besonderhede bywerk deur ons by 0860 116 116 te skakel.

Log in