Jou vakansiehulpmiddels wag vir jou
Gaan jy weg hierdie vakansie? Of jy nou êrens heen gaan of by die huis ontspan, Remedi sorg dat jy dekking het met maklike toegang tot sorg - wanneer jy dit nodig het en waar jy ook al is.
Ons weet dat mediese behoeftes onverwags kan kop uitsteek, veral oor die feesseisoen. Daarom het ons die Remedi-vakansiehulpmiddels bymekaargesit sodat jy voorbereid is en weet wat jy moet doen as iets dalk verkeerd gaan. Dit is propvol praktiese wenke en digitale hulpmiddels om seker te maak dat jy die sorg kry wat jy nodig het, oral waar jy gaan.
Dit is wat jy kry:
- Het jy 'n gesondheidsorgverskaffer, hospitaal of apteek nodig?
Kry in 'n japtrap betroubare verskaffers naby jou, waar jy jou ook al in die land bevind. - Dien 1-2-3 'n eis in
Gebruik ons eenvoudige digitale proses om eise vinnig en maklik in te dien. - Vind uit wat om te doen as jy meer as 'n maand se medisyne nodig het
Jy kan aansoek doen vir dekking vir 'n groter voorraad medisyne as jy beplan om ander lande te besoek, of selfs as jy binne Suid-Afrika se grense bly. - Kyk waarvoor jy dekking het
Maak seker jy weet waarvoor jy en jou gesin dekking het voordat julle op reis gaan.
Sit 'n paar minute opsy om te kyk watter hulpmiddels jy alles het. Raak vooraf vertroud met die digitale hulpmiddels wat beskikbaar is. So kan jy jou vakansie met 'n rustige gemoed geniet, wetende dat hulp oral byderhand is solank jy jou foon by jou het.