Jou gids tot Remedi se 2026 virtuele Algemene Jaarvergadering: Waarom dit saak maak en hoe jy kan deelneem
Die Algemene Jaarvergadering (AJV) is een van die belangrikste geleenthede op Remedi Medical Aid Scheme se kalender. Dit gee lede 'n duidelike prentjie van hoe die Skema finansieel vaar, watter bestuurspraktyke gevolg word en watter strategiese rigting die Skema in die jaar wat voorlê gaan inslaan.
Die AJV sal vanjaar virtueel aangebied word. Dit is reeds bewys dat virtuele AJV's geriefliker en toegankliker is vir Remedi-lede, veral vir dié wat weens afstand, werksverpligtinge of persoonlike omstandighede nie die vergadering fisiek kan bywoon nie.
Waarom Remedi se AJV belangrik is
AJV's is die hoeksteen van die deursigtige bestuur van 'n mediese skema. Die vergadering bied geskikte lede (volwaardige lede wat nie agterstallig is met hulle bydraes nie) die geleentheid om:
- Direk met die Hoofbeampte, die Raad van Trustees en die administrateur in gesprek te tree
- Vrae te vra of bekommernisse te opper
- Te stem oor belangrike besluite wat die Skema beïnvloed
Die Raad vir Mediese Skemas (RMS) beskou AJV's ook as noodsaaklik om aanspreeklikheid te verseker en lede ingelig te hou oor hoe hul mediese skema bestuur word.
Dit is jou jaarlikse geleentheid om jou sê te sê oor hoe jou mediese skema funksioneer - iets wat jou voordele, bydraes en langtermyn-gesondheidsdekking direk raak.
Die voordele van virtuele bywoning van die AJV
Die skuif na 'n virtuele formaat vir die AJV bring verskeie betekenisvolle voordele mee:
1. Gerief en buigsaamheid
Jy kan van enige plek af deelneem (van jou huis of kantoor, of selfs elders terwyl jy reis) sonder reistyd of fisieke bywoning. Vorige AJV's wat virtueel of in hibriede formaat aangebied is, het reeds verbeterde toeganklikheid vir lede regoor die land getoon.
2. Hulpmiddels vir interaktiewe deelname
Virtuele AJV's bied gewoonlik funksies soos regstreekse vrae en antwoorde, digitale stemming en 'n geselsplatform. Hierdie hulpmiddels verseker dat afgeleë deelnemers net so effektief kan deelneem as dié wat die vergadering fisiek sou bywoon.
Beskrywing van die doel van die AJV
Die doel van Remedi se AJV is gegrond op finansiële deursigtigheid, aanspreeklikheid en langtermyn-volhoubaarheid. Die Skema gebruik hierdie jaarlikse forum om die volgende voor te lê:
1. Geouditeerde jaarlikse finansiële state (GJFS))
Jy kan 'n opgesomde oorsig van die Skema se finansiële posisie verwag. Dit sluit solvensievlakke, reserwes, eisverhoudings en beleggingsprestasie in. Hierdie inligting sal voor die vergadering aan jou beskikbaar gestel word.
2. Oorsig van operasionele en strategiese prestasie
Die Hoofbeampte en die Voorsitter van die Raad van Trustees sal belangrike prestasies, uitdagings en vordering met strategiese doelwitte uiteensit.
3. Toekomstige volhoubaarheid en strategiese rigting
Besprekings sal waarskynlik markneigings, kostedruk, lede-insigte en innovasies insluit wat daarop gemik is om groter waarde vir lede te skep
4. Lidstemming en bestuursake
Lede mag versoek word om te stem:
- Om trustees te verkies (waar van toepassing)
- Om skemareëls te wysig (waar nodig)
- Om die geouditeerde jaarlikse finansiële state en die Raad van Trustees se verslag goed te keur
- Eksterne ouditeure aan te stel
Alle stemmings, waar nodig, sal digitaal deur die virtuele AJV-platform plaasvind.
5. Algemene lidbetrokkenheid
Tyd sal ingeruim word vir lede om vrae te vra en terugvoer te gee. Lede kan ook mosies of onderwerpe vir bespreking by die AJV indien tot en met sewe dae voor die AJV.
Jou deelnameregte as lid
As 'n Remedi-lid het jy verskeie belangrike regte by die AJV:
- Die reg om te stem
- Die reg om vrae te vra
- Die reg op toegang tot finansiële verslae en bestuursdokumente
- Die reg om bekommernisse of voorstelle te opper
Waar om toegang tot jou AJV-inligting te kry
Alle AJV-verwante materiaal sal per e-pos sowel as aanlyn beskikbaar gestel word, voor en ná die vergadering. Meld eenvoudig by www.yourremedi.co.za aan en gaan na About Us > AGM
Die AJV-bladsy sal toegang bied tot:
- Die AJV-agenda en vergaderpakket
- Geouditeerde jaarlikse finansiële state
- Vergaderingsopnames ná afloop van die vergadering
Wat jy volgende moet doen
Om seker te maak dat jy ten volle voorberei is vir die 2026 virtuele AJV, moedig ons jou aan om:
1. Die AJV-datum aan te teken
Wees op die uitkyk vir amptelike kommunikasie wat die datum, tyd en virtuele platform bevestig.
2. Die AJV-pakket en geouditeerde jaarlikse finansiële state deur te gaan
'n Begrip van die Skema se finansiële posisie en strategiese fokus sal jou help om ingeligte vrae te vra.
3. Trustee-inligting te lees
Leer die individue ken wat vir belangrike besluite verantwoordelik is wat jou dekking en voordele raak.
4. Aanlyn by die AJV aan te sluit
Gebruik die virtuele platform om deel te neem, te stem en meer oor jou mediese skema te leer.
5. Die opname daarna te kyk
Indien jy nie regstreeks kan bywoon nie, sal die opname daarna op die webwerf beskikbaar wees. Lede word aangemoedig om daarna te luister om ingelig te bly.