Welstand is holisties – dit behels meer as net liggaamlike gesondheid

Ons almal streef na welstand, maar wat is dit presies? Volgens die Global Wellness Institute is welstand die aktiewe strewe van aktiwiteite, keuses en leefstyle wat u holistiese gesondheid kan gee.

Welstand is nie passief nie en staan nie stil nie. Dit verander die heeltyd. Ons is vir ons eie keuses, gedrag en leefstyl verantwoordelik, wat baie beïnvloed word deur die fisiese, sosiale en kulturele omgewings waarin ons leef.

As ’n gesondheidsorgbefondser, fokus Remedi gewoonlik op die duidelik waarneembare liggaamlike dimensie en die voorkoming van siektetoestande wanneer ons oor welstand praat. Welstand gaan egter oor meer as net liggaamlike gesondheid. Dit behels meer en bevat baie verskillende dimensies wat moet saam werk. Dit is waarom die VSA se National Wellness Institute sê dat welstand ’n aktiewe proses is waardeur mense bewus word van, en keuses maak na ’n suksesvoller bestaan.

Dr Bill Hettler, medestigter van die VSA se National Wellness Institute, het ’n onafhanklike welstandsmodel ontwikkel wat ses dimensies van gesondheid (hieronder) insluit. As u na die model kyk, sien u hoe elke dimensie by die ander inskakel en hoe dit tot ’n gesonde lewenstyl bydra:

  • Liggaamlik: Die voordele van gereelde liggaamlike aktiwiteit, gesonde eetgewoontes, krag en lewenskragtigheid asook persoonlike aanspreeklikheid, selfversorging en bewustheid van wanneer mediese sorg nodig is
  • Emosioneel: Die ontwikkeling van selfrespek, selfbeheer en vasberadenheid sodat u goeie besluite oor u lewe kan neem
  • Intellektueel: Deelname aan skeppende en stimulerende verstandelike aktiwiteite, en om u gawes met ander te deel
  • Geestelik: Die ontwikkeling van geloofstelsels, waardes en die ontwikkeling van ’n wêreldbeskouing
  • Beroep: Lewensverryking deur werk, en sy onderlinge verbinding met die lewe en ontspanning
  • Sosiaal: Lewer van bydraes tot u omgewing en gemeenskap, en om te leer hoe om beter leefruimtes en sosiale netwerke te bou

Welstand en om uself te koester is belangrik om u krag, voornemens, motivering en interne hulpbronne op te bou. U het dit nodig sodat u kan aanhou om aan ander te gee, soos u lewensmaat, gesin, familie, kollegas en ander belangrike mense in u binnekring, of aan die groter gemeenskap rondom u.

Wanneer ons aan welstand dink, kan ons ook die finansiële en omgewingsdimensies insluit. Finansiële welstand kan u veilig en vry laat voel, terwyl omgewingswelstand u aanmoedig om meer tyd in die natuur en op u persoonlike omgewing te spandeer.

U kan meer inligting oor die holistiese benadering tot welstand kry by:

Log in