Wie betaal as u na ’n ongevalle eenheid toe gaan?

’n Mediese noodgeval is ’n toestand wat vinnig ontstaan of ná ’n ongeluk voorkom, en waarvoor u onmiddellike mediese behandeling of ’n operasie nodig het. In ’n mediese noodgeval kan u lewe in gevaar wees as u nie behandel word nie, óf u kan ’n ledemaat of ’n orgaan verloor. Ongevalle-eenhede gee noodsorg aan mense met erge trauma en siektetoestande wat die dienste en kundigheid van ’n hospitaal nodig het.

Die eerste paar minute ná ’n ongeluk, besering of begin van ’n siektetoestand is gewoonlik die belangrikste – veral wanneer u besluit wie u met u mediese sorg kan vertrou. Die beoordeling van u situasie en om te besluit watter tipe gesondheidsorg vir u die beste sal wees, kan die mees belangrikste stap wees om die sorg te kry wat u nodig het – wanneer en waar u dit nodig het.

Wanneer moet u na ’n ongevalle-eenheid toe gaan?

Kies altyd ’n ongevalle-eenheid as u ’n ernstige, lewensgevaarlike toestand het. As u met ’n mediese noodgeval in die hospitaal opgeneem word nadat u by die ongevalle-eenheid was en ons u hospitaalopname goedkeur, betaal ons die ongevalle-eenheid se rekening uit die Hospitaalvoordeel. Bel ER24 by 084 124 vir paramediese en ambulansdienste.

Ongevalle-eenhede is 24 uur ’n dag oop en u kan inloop- mediese dienste en hulpbronne daar kry.

As u toestand egter nie lewensgevaarlik is nie, sal u nie in die hospitaal opgeneem word nie. Ons betaal dan die eise vir die ongevalle-eenheid uit u Versekerde Buite-hospitaalvoordeel.

Bel dadelik 084 124 as u of enige iemand na aan u enige van die volgende nood- mediese simptome of toestande het:

  • Borskaspyn of ander simptome van ’n hartaanval of beroerte
  • Konvulsie (stuipe)
  • Bewusteloosheid
  • Buikpyn (maagpyn)
  • Hoofbesering of hoofpyn
  • Vergiftiging
  • Stikking of moeilike asemhaling
  • Gebreekte bene, erge snywonde, brandwonde of onbeheerbare bloeding
  • Koors in ouer persone of jong kinders

Verwysing: https://er24.info/when-to-call-084124

Log in